Just Property – Huur Om Jou Huis Sodoende Te Besit, Is ’N Opsie:
Sukkel jy om goedkeuring vir ‘n huislening te kry? Is dit moeilik om vir die deposito te spaar? ’n ‘huur om te besit’ of ‘afbetalingsverkoop ooreenkoms’ is miskien net die oplossing waarna jy gesoek het! Hendrik van den Berg van Just Property vertel meer:
Dit kan moeilik wees vir diegene wat selfstandig werk, diegene wat geen deposito kan bekostig nie en diegene wat geen kredietgeskiedenis in hierdie land het nie (bv. jong mense, immigrante, ens.) om toegang tot huislenings te kry. Maar dit beteken nie dat hulle nie een kan kry nie. Die goeie nuus is dat daar ‘n minder bekende opsie is wat jou kan help om jou eie eiendom te besit. ‘Huur om te besit’, wat nie verwar moet word met ‘n afbetalingsverkoop ooreenkoms nie, is ‘n soort huurooreenkoms wat ‘n opsie om die eiendom te koop, insluit.
Gewoonlik word die waarde van die eiendom en die lengte van die kontrak tussen die verkoper / verhuurder en die koper / huurder ooreengekom. Ingesluit by die huurooreenkoms is die reg van die huurder om die eiendom te koop asook ‘n ‘opsiefooi’.
In die geval van ‘n afbetalingsverkoop ooreenkoms, is die huurooreenkoms so gestruktureer dat die maandelikse paaiemente die balans van die verkoopprys verminder sodat dit aan die einde van die huurtermyn (tot 30 jaar) wanneer die ballonbetaling betaalbaar is, meer bekostigbaar is, of die koopprys ten volle betaal is. Afbetalingsverkope word beheer deur die Wet op Vervreemding van Grond 68/1981.
Meyer de Waal, direkteur van MDW Prokureurs, notarisse en aktebesorgers, verduidelik verder: “Vanaf 1981 is afbetalingsverkope ingestel deur die Wet op die Vervreemding van Grond, nr 68/1981. Die verkoper en koper stem skriftelik ooreen om die eiendom te verkoop en te koop, maar eerder as om ‘n bank vir finansiering te nader, gee die verkoper die koper die geleentheid om die koopprys en rente oor ‘n tydperk af te betaal.”
In ‘n ‘huur om te besit’ ooreenkoms sit die opsiefooi in ‘n deposito-rekening gedurende die duur van die ooreenkoms (van 6 tot 24 maande) waar dit dan ophoop. Aan die einde van die huurtermyn het die koper / huurder nou die deposito plus die kredietgeskiedenis wat nodig is om ‘n verband te bekom.
Die belangrikste ding om hierop te let, is dat indien die huurder besluit om die ooreenkoms te beëindig en nie die eiendom te koop nie, die eienaar van die eiendom (of die finansiële instelling waarmee jy ‘n ooreenkoms het) die opsiebetalings behou en die huurder dit dus verbeur.
Jenny Rushin van Betterbond sê ongeveer vyf van die 500-600 ooreenkomste wat by hulle elke maand ontstaan, is huur-tot-koop-transaksies. Dit kom dus nie gereeld voor nie, maar dit is bekend dat banke soos Absa en African Bank goedkeuring verleen of hulp bied met huur-tot-besit-ooreenkomste.
Om die geskiktheid te bepaal, kan tot 75% van die verwagte toekomstige huurinkomste deur kredietlenings by die bekostigbaarheidsassessering ingesluit word, maar kredietverlening sal ‘n aantal verdere faktore toepas by die gebruik van toekomstige huurinkomste. Hierdie is die vakaturekoers van die voorstad, die goeie verhouding van die voorstad, die gemiddelde bruto opbrengs per gebied, ens.
Verbandfinansiering en afbetalingsverkope is baie dieselfde, en die verbandaansoek word as ‘n gewone verband behandel. Die gewone verwerkings- en kredietassesseringstoetse word deur die bank gedoen en prokureurs vir verbandregistrasie sal die toepaslike nakomingsondersoeke en dokumentasie aan hul kant uitvoer.
In gevalle waar ‘n finansiële instelling betrokke is, sal die instelling wettiglik as die eienaar geregistreer word totdat alle paaiemente betaal is. Daar is baie streng reëls rakende wanbetaling, waarvan die kliënt bewus moet wees.
Daar is voordele vir die eienaar sowel as die huur-tot-besit / paaiement huurder. Daar is ook risiko’s, en ‘n waterdigte ooreenkoms is noodsaaklik, net soos die behoefte bestaan om die volle implikasies daarvan deeglik te begryp. Aan die een kant was daar gevalle waar sulke eiendomme aan ‘n ander party verkoop is omdat die huurder-koper nie die voorwaardes van die ooreenkoms verstaan het nie, en andersyds hoor mens ook van huurders wat nie die ooreenkoms nakom of die eiendom goed versorg nie. Van den Berg stel voor dat die bepalings en voorwaardes (van enige kontrak) noukeurig aan alle betrokkenes verduidelik word.
Op grond van navorsing deur Just Property is daar ‘n duidelike behoefte aan oplossings vir mense wat desperaat die mark wil betree, maar dit nie deur konvensionele weë kan doen nie. Die huur-vir-koop-opsie is ‘n oplossing waaroor kopers advies moet kry.
BROKKIES:
Maatskappye om te nader:
• Just Property (https://just.property/)
• Betterbond (https://www.betterbond.co.za/)J
• Sentinel Homes (https://www.sentinelhomes.co.za/)
• Irent2buy.co.za (https://www.irent2buy.co.za/)
• Prokureurs (https://www.mybondfitness.co.za/)
Kriteria
• Huise moet voorlopig in die Wes-Kaap, Suid-Kaap of Gauteng wees.
• R400 000 tot R2,5 miljoen in waarde
• Klein deposito benodig (gewoonlik 5% van die koopprys)
• Goeie kredietrekord
• Die eiendom moet gewoonlik die primêre woning van die koper wees
CLICK HERE to submit your press release to MyPR.co.za.
– MyPR
Submit and get free exposure here: Showcase Your Business | Advertise Your Special Offers.


MyPR.co.za: Contact Centre’s Domestic Success to Expand Internationally